Middelburg-sportspanne geniet toer na Suid-Kaap

DIE Hoërskool Middelburg (MHS) se senior netbal- en rugbyspanne het vanaf 23 tot 28 Maart ’n sporttoer na die Suid-Kaap onderneem.


DIE Hoërskool Middelburg (MHS) se senior netbal- en rugbyspanne het vanaf 23 tot 28 Maart ’n sporttoer na die Suid-Kaap onderneem.

Die eerste wedstryde het by die Despatch-sportdag plaasgevind waar hulle teen Framesby, Andrew Rabie, DF Malherbe en Despatch kragte gemeet het. Op die Saterdag is wedstryde weer hervat toe MHS teen Otto du Plessis, Alexander Road, Despatch en Cillié gespeel het.

Die spelers het toe ’n blaaskans geniet waar hulle in Jeffreysbaai oornag het voordat hulle die pad na Hartenbos aangedurf het. Daarna het hulle by Riverside Resort, tussen Hartenbos en Grootbrak, geswem, gekuier en ontspan. Die Maandag het hulle ’n besoek aan die Knysna-olifantpark geniet.

Toe was dit terug na die rugbyveld en netbalbaan met wedstryde teen Knysna.

Ná nog ’n dag se pret en ontspanning het die groep vir oulaas wedstryde teen PW Botha in George gespeel voordat hulle weer terug huis toe is.

You need to be Logged In to leave a comment.