Lihle Mhlondleni druk ’n drie vir Middies. Foto: Johanette Photography


DIE Hoërskole Middelburg en Cradock het op Saterdag, 19 Mei kragte op Middelburg se tuisveld gemeet.

Die volgende tellings is aangeteken: Middies se eerste netbalspan wen met 30-25 en die tweede netbalspan met 22-15. Cradock se spanne het die res van die wedstryde as volg gewen: o.16 met 22-15, o.14 met 33-25, derde span met 23-4 en die vierde span met 11-10.

Cradock se o.15-rugbyspan het met 67-7 gewen en hul o.16-span met 14-5.

Tydens die eerste rugbyspanne se wedstryd het Middelburg met ’n naelskraapse 14-13 teen Cradock gewen. Lihle Mhlondleni het ’n drie vir Middies aangeteken en die telbord het vir lank daarna op 13-11 in Cradock se guns stilgestaan.

Will Kerneels het met ’n doelskop in die laaste minute die telling in Middelburg se guns geswaai.

Buhlebethu September het ook uitstekende spel as voorspeler vir Middies gespeel.

Middies het op Maandag, 14 Mei aan ’n skaaktoernooi in Graaff-Reinet deelgeneem. Elf hoër- en laerskole is verteenwoordig en 120 skaakspelers het mekaar die stryd aangesê.

MHS se eerste skaakspan het tweede geëindig en die tweede span het vierde geëindig. Die derde span eindig agtste.

You need to be Logged In to leave a comment.