Middelland matrieks geniet glinsteraand

NÁ jare se wag en droom het die groot aand vir die 2018 matriekklas van Middelland Senior Sekondêre Skool (MSSS) by Midros Middelburg uiteindelik op 26 September aangebreek.


NÁ jare se wag en droom het die groot aand vir die 2018 matriekklas van Middelland Senior Sekondêre Skool (MSSS) by Midros Middelburg uiteindelik op 26 September aangebreek.

Die matriekafskeid is maande lank reeds op almal se lippe en groot planne is gemaak om die aand prentjiemooi te laat verloop.

Ná ure se mooimaak is elke leerder en ouer soos koninklikes behandel vandat hulle hul voete op die rooi tapyt by die gemeenskapsaal in Midros gesit het.

Een van die hoogtepunte vir die aand was toe die burgemeester van Inxuba Yethemba, Ray Shweni, as die gasspreker van die aand aan die leerders ’n baie gepaste boodskap gelewer het.

Elke leerder is dit eens dat hierdie ’n onvergeetlike aand vir hulle was.

You need to be Logged In to leave a comment.