Middelland samel fondse in vir projek

DIE leerders en personeel van die Middelland Senior Sekondêre Skool in Middelburg het op Vrydag, 4 Mei ’n Erfenisdag-loslitdag by die skool gehou.


DIE leerders en personeel van die Middelland Senior Sekondêre Skool in Middelburg het op Vrydag, 4 Mei ’n Erfenisdag-loslitdag by die skool gehou.

Die leerders en die personeel was in tradisionele drag geklee ter ondersteuning van die gr.10 geskiedenis-leerders wat ’n navorsingsprojek oor Erfenis en Kultuur vir die tweede kwartaal moet voltooi.

Elkeen wat loslit wou aantrek, moes R2 bring. Die fondse sal gebruik word om die vervoergeld van die gr.10-leerders te betaal wanneer hulle die verskillende kultuur-, historiese- en erfenis-besienswaardighede in en om Middelburg gaan besoek.

You need to be Logged In to leave a comment.