DIE Middelland Sekondêre Skool in Middelburg is baie trots op hul onderwyser, Ferdinand Beukes, wat benoem is vir ’n Onderwyser van die Jaar-toekenning deur die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie (SADOU) van die Oos-Kaap.
Hierdie is ’n inisiatief wat deur SADOU gedryf word in opdrag van die departement van onderwys in die provinsie. Die inisiatief is tot stand gebring om aan opvoeders wat uitblink, erkenning te gee.
Wat Beukes se prestasie so merkwaar-dig maak, is die feit dat al die gr. 12-leerders van 2017 wat fisiese wetenskappe as vak by hom geneem het, meer as 60% behaal het.
Die leerders het onderskeidelik vlakke 7 (80-100%), 6 (70-79%) en 5 (60-69%) behaal. Die laagste persentasie wat behaal is, was 65%.