Middelland SSS beveilig skool

DIE Middelland Senior Sekondêre Skool het gebuk gegaan onder inbrake en diefstal, veral gedurende naweke en skoolvakansies.


DIE Middelland Senior Sekondêre Skool het gebuk gegaan onder inbrake en diefstal, veral gedurende naweke en skoolvakansies.

Ibhayi Fencing van Port Elizabeth het onlangs in opdrag van Coega IDZ ’n sekuriteitsomheining vir die skool en koshuis aangebring.

Daar is gebruik gemaak van plaaslike inwoners van Midros om die arbeid te verrig.

Phillip Jansen, skoolhoof van Middelland SSS, die personeel, ouers en leerders van MSSS het ’n groot woord van dank teenoor Ibhayi Fencing, die departement van onderwys en plaaslike werkers uitgespreek vir hul inisiatief en harde werk om die omheining op te rig.

“Die skool is werklik trots op die skool en koshuis se nuwe omheining,” het Jansen gesê.

“Nogmaals dankie vir Gawie van Ibhayi Fencing en sy span werkers vir die goeie werk wat hulle verrig het.”

You need to be Logged In to leave a comment.