MARLOW begin die gholfseisoen op ’n hoë noot met ’n goeie wen by die eerste Middellande-skoleliga wat op Vrydag, 9 Februarie plaasgevind het.
Marlow het daarin geslaag om Adelaide, Middelburg en Hoërskool Cradock te klop met ’n totaal van 90 punte op die dag. Adelaide was die grootste kompetisie met 88 punte op die bord. Johan “Texas” Terblanché is Marlow se senior speler van die dag met 18 punte van 44 houe.
Die junior, Brent “Kreef” Collins, is kort op sy hakke met 18 punte van 45 houe.
Marlow het ook ’n rits jong Ramme bygekry wat die sport na nuwe hoogtes sal lei.