Middellande rolbalspeler veg vir gesogte titel

DIE afgelope naweek het rolbalspelers uit alle oorde van die Middellande Distrik (Jansenville, Graaff-Reinet, Somerset Oos, Middelburg en Cradock) bymekaargekom om vir die titel van die Middellande Viere Kampioene mee te ding.


DIE afgelope naweek het rolbalspelers uit alle oorde van die Middellande Distrik (Jansenville, Graaff-Reinet, Somerset Oos, Middelburg en Cradock) bymekaargekom om vir die titel van die Middellande Viere Kampioene mee te ding.

’n Rekord getal van 80 spelers wat bestaan het uit agt dames- en twaalf manspanne het op die bane van Somerset Oos toegesak. Met die uitsondering van enkele spanne was die spanne wat in die semi-finale en finale rondtes sou meeding glad nie seker waar hulle staan voor die laaste uitspeelrondte gespeel is nie.

Ná ’n hewige stryd in die uitspeelrondtes was die volgende spanne die onderskeie wenners van hul seksies:

  • Dames: Sonja Matthee, Charlene Colyn, Priscilla Kaspersky, Riana Du Toit (Graaff- Reinet) 6 + 52

Miranda Lückhoff, Elna de Klerk, Hannetjie Whitlock en Pam Neuweiler (Graaff-Reinet) 6 + 22.

  • Mans: Ivor Wakeford; Niel Colyn, Lesley du Pisanie, Fanie van der Merwe (Graaff- Reinet) 6 + 38. Tienie Prinsloo, Rassie Erasmus, Chris Lategan en Pottie Potgieter (Cradock) 5 + 8. Neil Miller, Lionel Torr, Izak Joubert, Chris de Wet (Middelburg) 6 + 27.

As gevolg van ’n hoër skoot- gemiddeld het Ivor Wakeford se span outomaties na die mansfinaal deurgedring. Die span van Tienie Prinsloo en Neil Miller het in ’n semi-finaal meegeding om Wakeford se teenstander in die finaal te bepaal. Tienie Prinsloo se span het in hierdie stryd met 22-18 geseëvier.

In die finaal was dit Wakeford teen Prinsloo en’n gestoei teen die elemente het Tienie Prinsloo (26-13) en Sonja Matthee (24-8) se spanne uiteindelik as wenners uit die stryd getree. Albei spanne speel op 3 en 4 November in Middelburg waar hulle om die OP-titel sal mee-ding.

Op 10 en 11 November word die prestigeryke Middellande Meesters Enkelspel-toernooi in Somerset-Oos aangebied.

You need to be Logged In to leave a comment.