Middies rugbyspan groet afrigter

DIE Hoërskool Middelburg se eerste rugbyspan het beslis ’n emosionele dag gehad op Saterdag, 26 Mei toe hulle hul laaste wedstryd saam met hul afrigter, Henko Serfontein, gespeel het.


DIE Hoërskool Middelburg se eerste rugbyspan het beslis ’n emosionele dag gehad op Saterdag, 26 Mei toe hulle hul laaste wedstryd saam met hul afrigter, Henko Serfontein, gespeel het.

Middelburg se onderskeie spanne het met die Hoërskool Hangklip van Queenstown in Middelburg kragte gemeet.

Al die netbalspanne kon egter nie deelneem nie omdat verskeie netbalspelers aan die Oos-Kaap-oefensessies moes deelneem.

Middies se o.16-netbalspan het hulle wedstryd met ’n oortuigende 31-16 gewen, terwyl Hangklip se ander netbalspanne vir Middies naelskraap met 19-18 (tweede span), 12-11 (derde span) en 5-4 (vierde span) gewen het.

Tydens die rugbywedstryde het Hangklip se o.16- en o.15-rugbyspanne vir Middies onderskeidelik met 14-5 en 40-0 gewen.

Met Middies se eerste-rugbyspanwedstryd is die bordjies deeglik verhang.

Serfontein reken dat die seuns se goeie dissipline en kameraadskap tesame met die uitstekende uitvoering van hulle wedstrydplan hulle die wedstryd laat wen het.

Die spelers het behoorlik hulle harte uitgespeel en met ’n welverdiende 27-18 teen Hangklip weggestap.

Op sy verjaardag het Keanan Fillis drie drieë vir Middies gedruk (15 punte), terwyl Will Kerneels die drie drieë verdoel het, asook ’n skepskop en strafskop oorgeskop het en sodoende vir Middies 13 punte aangeteken het.

Die spelers het puik verdediging en aanval toegepas.

Dit was Serfontein se laaste wedstryd as afrigter. Hy betree eersdaags ’n nuwe pos as skoolhoof by die Laerskool Hangklip.

You need to be Logged In to leave a comment.