Mnr. en Mej. MHS gekroon

Die Hoërskool Middelburg (MHS) se glansgeleentheid waarna almal heeljaar uitgesien het, het op Donderdag, 15 Maart plaasgevind.


Die Hoërskool Middelburg (MHS) se glansgeleentheid waarna almal heeljaar uitgesien het, het op Donderdag, 15 Maart plaasgevind.

Die finaliste het veral harte gesteel met hul danspassies en die “Men in Black”- tema is ondersteun deur die deftige, maar koel voorkoms van die manne. Die dames het egter geensins teruggestaan nie en het die gehoor gaande gehad met hul spelerige voorkoms van jeans en wit hemde.

Finaliste het elegant en gesofistikeerd vertoon in hul aanddrag en hul goed van hul taak gekwyt met die beantwoording van die vrae. Die wenners is uiteindelik aangewys ná vele kopkrap van die beoordelaars.

Clive Green en Shaan Blaauw is as Mnr. en Mej. MHS gekroon.

You need to be Logged In to leave a comment.