Moedergemeente vier 200ste bestaansjaar

CRADOCK se NG Moedergemeente het die afgelope naweek hulle 200ste bestaansjaarvieringe gesellig afgesluit ná ’n week van Pinksterdienste wat deur ds. Johannes Nortier van Paarl aangebied is.


CRADOCK se NG Moedergemeente het die afgelope naweek hulle 200ste bestaansjaarvieringe gesellig afgesluit ná ’n week van Pinksterdienste wat deur ds. Johannes Nortier van Paarl aangebied is.

Deur die loop van die verrigtinge het hulle ook ’n gemeentedans op Buffelshoek gehou, gevolg deur ’n feesdinee in die kerksaal.

By dié geleentheid het verskillende storievertellers die gemeente se geskiedenis en staaltjies van die laaste 200 jaar vertel.

Sondagoggend se feesdiens is deur ds. Corné Slabbert van Cradock Moedergemeente gelei.

Ná die diens is ’n foto van die gemeente op die kerk se voorste trappies geneem. ’n Gedenkalbum van die kerk se geskiedenis met stories oor die verlede sal binnekort saamgestel word.

You need to be Logged In to leave a comment.