Motorfietsongeluk eis Martin Coetzee se lewe

Dis met leedwese dat die gemeenskap van Middelburg op Saterdag, 25 Augustus verneem het van die afsterwe van Martin Coetzee (44), die seun van Roelie en Hilda Coetzee van Middelburg.


Dis met leedwese dat die gemeenskap van Middelburg op Saterdag, 25 Augustus verneem het van die afsterwe van Martin Coetzee (44), die seun van Roelie en Hilda Coetzee van Middelburg.

Martin was werksaam by Oos-Kaap Sekuriteit op Middelburg.

’n Motorfietsongeluk op 25 Augustus het Martin Coetzee, ’n inwoner van Middelburg, se lewe geëis.Foto:VERSKAF

Volgens Jakkie Mulder, ’n vriend, was Martin ’n stil, teruggetrokke, eerlike, vriendelike en eerbiedige persoon teenoor diegene wat dit verdien het.

“Vir die bikers was hy ’n vriend, broer en kameraad.”

Dit is duidelik dat Martin geliefd was onder sy vriende en die motorfietsongeluk wat sy lewe geëis het, was ’n groot skok vir sy vriende en familie.

Martin was ’n ervare motorfietsryer wat ’n lid van die “Wanted”-motorfietsklub was.

Tydens ’n gesprek met Mulder op 3 September het hy elke oomblik van die ongeluk – soos dit voor sy oë op die pad tussen Aliwal-Noord en Burgersdorp afgespeel het – woord vir woord oorvertel.

Die Saterdagoggend het hulle na die Bosbokmotorfietssaamtrek op Aliwal-Noord gery. Om ongeveer 14:45 het hulle weer vertrek na Middelburg en sowat ’n driekwartuur later het die ongeluk plaasgevind.

“Die motorfietsongeluk was nie die gevolg van enige nalatigheid of spoed nie,” het Mulder dit duidelik gestel.

“Die enigste onbetwisbare feit is dat Martin se motorfiets buite beheer geraak het as gevolg van ’n ongelykheid in die padoppervlak,” het hy in ’n verklaring aan die Mid-Karoo Express geskryf.

Die ongeluk het op ’n gelyke pad teen ’n opdraand gebeur en by nadere ondersoek ná die ongeluk het Mulder die effense ongelykheid in die teerpad raakgesien waar Martin se motorfiets reg voor hom skielik buite beheer geraak het.

You need to be Logged In to leave a comment.