Mountain Revival Ministries wil help

’n GROEP met die naam van Mountain Revival Ministries is op Cradock in die lewe geroep om minderbevoorregtes in Michausdal- en Hillside-woongebiede te help.


’n GROEP met die naam van Mountain Revival Ministries is op Cradock in die lewe geroep om minderbevoorregtes in Michausdal- en Hillside-woongebiede te help.

Volgens die organiseerders is daar ernstige nood wat vererger word deur die geweldige werkloosheid in albei gebiede. Dit het die harte van Mountain Revival Ministries, onder leiding van Apostel Gwen Amos, genoodsaak om te help.

“Toestande lyk sleg en gesinne sukkel in die week of so voor pensioene uitbetaal word, om iets op die tafel te sit. Party ge-sinne lewe van ’n pot mieliepap en in ander gevalle is daar inwoners wat chronies siek en bedlêend is,” het Amos gesê.

Daar is op die oomblik tien vrywilligers wat aandag skenk aan persone wat bedlêend is of spesiale behoeftes het. Die vrywiligers verdien geen geld vir hul onbaatsugtige diens nie, maar benodig medisyne vir algemene siektes soos hoofpyn en ver-koue, asook verbande om die sere van bedlêendes te versorg.

Met winter op hande sal ontvangs van warm komberse of tweedehandse klere baie waardeer word, volgens Amos.

Mountain Revival Ministries het ook van tyd tot tyd ’n sopkombuis waar behoeftige kinders en grootmense ’n lekker warm bord kos kan nuttig. Hierdie projek is tans nie baie volhoubaar nie, aangesien die groep nie so gereeld skenkings ontvang vir die sopkombuis nie.

Mountain Revival Ministries wil die instansies wat al reeds gehelp het, baie hart-lik bedank asook dié wat aangedui het dat hulle gaan help..

Vir navrae of hulp kan Apostel Gwen Amos (076 613 6667) of Evangelis Simon Douw (075 511 2655) gebel word.

You need to be Logged In to leave a comment.