LEERDERS van Narsingstraat Primêre Skool en die Lingcom Primêre Skool, albei in Graaff-Reinet, asook Republiek Primêr van Port Elizabeth, het op 25 Augustus kragte op die sportveld gemeet.
Die dag het begin met rugby-wedstryde teen Lingcom se o.9- en o.11-spanne. Narsingstraat se jongklomp het goeie rugby gespeel.
Die o.9’s het hul wedstryd 27-0 gewen en die o.11’s het met ’n 39-0 oorwinning weggestap.
Narsingstraat se o.7-netbalspan het ook hulle wedstryd met ’n eindtelling van 5-1 gewen.
Die res van die netbalspanne het ook gewen. Die o.8’s het 13-0 gewen, die o.9’s 14-0, die o.10A-span 10-0 en die o.10B’s 6-1.
Narsingstraat het later ook kragte met Republiek Primêr gemeet.
Narsingstraat se o.13-sokkerspan het 1-0 gewen. Hulle o.13-rugbyspan het ook 35-12 gewen, terwyl die o.11-netbalspan met ’n 6-3 oorwinning weggestap het.
Narsingstraat se o.12-netbalspan het 9-0 gewen, en die o.13’s 11-2.
Die skoolhoof, personeel, skoolbeheerliggaam en leerders het die skoolgemeenskap bedank vir hul heelhartige ondersteuning tydens die wedstryde. Die wedstryde het almal sonder enige voorvalle plaasgevind en die mededinging op die veld was goed.