Nelie van der Meulen se liplekker aspersietert

NELIE van der Meulen is een van Cradock se bekendste baksters en sy het ingestem om een van haar resepte met lesers van die Mid-Karoo Express te deel.


NELIE van der Meulen is een van Cradock se bekendste baksters en sy het ingestem om een van haar resepte met lesers van die Mid-Karoo Express te deel.

Sy lewer haar produkte aan ’n tuisnywerheid op die dorp en gebruik normaalweg 55 dosyn eiers, 50 kg meel en 50 kg suiker per maand.

Van der Meulen is ook ’n aflos orrelis en word baie by kerkdienste en begrafnisse ingespan.


Nelie se aspersietert
Bestanddele

. Kors

1¼ koppies koekmeel

½ teelepel sout

½ koppie olie

2 eetlepels melk

. Vulsel

1 blik aspersies (punte of gesnyde stukke)

1 koppie gerasperde cheddarkaas

1 eetlepel botter

2 eiers

1 koppie melk

Sout en peper


Metode:

  • Klits die olie en die melk vir die kors saam.
  • Meng dit met die droë bestanddele vir die kors en druk dit in ’n tertbord.
  • Dreineer die aspersies en pak dit in die rou kors.
  • Strooi die kaas bo-oor.
  • Klits die eiers en die melk vir die vulsel saam met die sout en peper en gooi dit bo-oor die aspersies.
  • Bak vir 45 minute in ’n matige oond teen 160° C tot gaar.

You need to be Logged In to leave a comment.