‘n BAIE geslaagde afrigtingskliniek is die afgelope naweek deur Retha de Lange, eerstespan afrigter van Oranje Meisiesskool, by Hoërskool Middelburg aangebied. Retha was ook vir baie jare betrokke by Sentraal se afrigting.
Altesaam 33 meisies het die klinike bygewoon en is netbalvaardighede opgeknap en geslyp. Daar word baie uitgesien na die nuwe seisoen wat volgende kwartaal begin. Die eerste wedstryde word reeds vir 14 April teen Aliwal-Noord (op Middelburg) beplan.