NG Kerk Cradock vier fees

DIE 200-jarige vierings van die NG gemeente op Cradock het verlede Vry-dagaand afgeskop met ’n uitmuntende feeskonsert onder aanvoering van ds. Attie van Wyk.


DIE 200-jarige vierings van die NG gemeente op Cradock het verlede Vry-dagaand afgeskop met ’n uitmuntende feeskonsert onder aanvoering van ds. Attie van Wyk.

Die groot Moederkerk was tot kapasiteit vol en die konsert is na raming deur negehonderd mense bygewoon.

’n Massakoor, bestaande uit die skoolkore van Landbouskool Marlow, Cradock Hoërskool, Cradock Laerskool en Cradock Voorbereidingskool het onder leiding van Van Wyk opgetree. Sangers uit die gemeenskap wat opgetree het, was Chris Brits, Carien Kruger, Emmie Marais, Jerlaine Julisen, Brandon Josephs en Ilde Joubert. Daar was ook fluite, klarinette, trompette, skuiftrompette, viole, klavier en orrelspel.

Pinkster 2018 met ds. Johannes Nortier, nou van Agter-Paarl, het Sondagoggend begin en word Vrydag afgesluit met ’n diens deur ds. Jan Grobbelaar van Cradock-Oos gemeente. Die feesvierings word Sondagoggend deur ds. Cornè Slabbert afge-sluit.

Daar is Vrydagaand ’n feesdans by Buffelshoek vakansieplaas en Saterdagaand ’n feesdinee in die kerksaal. – WILNA DE KLERK

You need to be Logged In to leave a comment.