DIE NG Kerk van Hofmeyr het die afgelope week nuus gemaak toe hulle die eerste NG Gemeente in die Ring van Cradock, en dalk ook wyer, is wat ’n aanlynwinkel vir fondsinsamelings bekendgestel het.
Nadia Bosch, plaaslike inwoner, was in beheer van die ontwerp van die interaktiewe webwerf, en die webwerf is spesifiek geskep sodat die plaaslike projekte wyer bemarking kan geniet as net in die klein Hofmeyr-gemeenskap.
Faan en Sanet Coetzer het, op versoek van die kerkraad, ’n projek geloods waar wild verwerk word en droëwors en biltong, en mettertyd ook ander vleis-snitte, te koop aangebied word by die aanlynwinkel. Jagpakkette is ook beskikbaar en daarvolgens kan jaggeleent-hede vir die res van hierdie jagseisoen in die Hofmeyr-distrik bespreek word.
Hofmeyr Hugs of Hope is ook as deel van die NG Kerk se werksaamhede as ’n projek geregistreer en meer inligting rondom hierdie instansie is op die webwerf beskikbaar.
Besoek gerus die interaktiewe webwerf van die NG Kerk Hofmeyr by www.ngkhofmeyr.com.