GERT-PEET Visser, oftewel Boerbok, is ’n gr. 8-leerder van die Hoër Landbouskool Marlow by Cradock.
Boerbok is ’n kranige perderuiter van die Fauresmith/Jagersfontein-distrik en het onlangs sy Springbok-klere vir uithouritte verwerf.
Hy het die afgelope vier jaar jaarliks onder die top 10 ruiters tydens die uitmergelende 204 km nasionale-uithourit by Fauresmith ge-eindig.
In 2017 het hy algeheel 9de, asook 4de van die Jong Ruiters geëindig.
Tydens sy deelname aan die nasionale-uithourit van 2 tot 5 Julie by Fauresmith, het alte-same 215 perde deelgeneem en het Boerbok die SA-ontwikkelingspan verteenwoordig. Boerbok en sy perd Patyo het op die eerste dag met ’n tyd van 2 uur 56 minute eerste ingekom, maar Patyo moes ongelukkig daarna onttrek word weens ’n besering.
Dit het egter nie Boerbok se spoed vir Fauresmith gebreek nie en het hy besluit om sy vriend, Boela (Duan Steyl), ’n gr. 9-leerder aan Marlow te ondersteun en by te staan met die versorging van sy perd vir die volgende twee dae van die uithouritte.
Hierdeur het Boerbok veral ook twee van die kenmerke van Faure se uithouritte, naamlik sportmanskap en kameradie tussen ruiters, weer eens bewys.
Temperature tydens die drie dae by Fauresmith het soms tot -6 °C gedaal, maar die dae was redelik windstil en sonnig.
’n Ander terugslag het ook die Visser-gesin tydens die uithouritweek getref toe Boerbok se broer, TC Visser (oftewel Lynx), ’n gr. 11-leerder van Marlow, in ’n motorongeluk in die vroeë oggendure, op pad vanaf Fauresmith na Jagersfontein was.