TER viering van Mid-Karoo Express se eerste verjaardag het lesers hulle mooi wense met die koe-rant gedeel.
Hanna Brummer werk in ’n dokter se spreekkamer op Cradock. Sy het Mid-Karoo Express beskryf as ’n “oulike koerant”. Sy lees graag die resepte en het onlangs Elsje se kaaskoek gemaak wat ’n groot sukses was.
Sy hou van die Express omdat die koerant vars plaaslike nuus dek wat ander groot koerante nie publiseer nie. Sy hou ook van die kleurfoto’s in die koerant.
’n Ander leser, Abigail Prins, is ’n klerk by ’n versekeringsmaatskappy op Cradock.
Sy hou daarvan dat die koerant gratis is, want dit gee almal ’n gelyke kans om hom te lees.
Sy vind die resepte baie inte-ressant en sy sê haar ma het onlangs vir hulle die lekker suurlemoen-meringue-tert gemaak.
Sy verkies om die Cradock nuus te lees, maar lees ook van die ander dorpe se nuus as die storie haar oog vang.