Op die foto is Mauritz Botha, Annelie Botes en Helené Botha. Hierdie twee Botha-dames het saam met Carmen Davenport (nie op die foto) by die Somerset-Oos se VLV-tak aangesluit. Dit maak Mauritz dan die baba van die tak. Foto:Deonette Haggard


’n VRAAG wat deesdae gevra kan word, is of die Vroue Landbouvereniging (VLV) steeds relevant is in 2018? Volgens die lede bly die antwoord onomwonde já!

Vir die Botha-dames van Somerset-Oos was dit hul eerste kennismaking met VLV-bedrywighede toe hulle die 2018 Sirkelkonferensie, wat deur Pearston se tak op 13 en 14 Maart aangebied is, bygewoon het. Helené en Mauritz Botha – ma en dogter het saam met Carmen Davenport by die Somerset-Oos se VLV-tak aangesluit.

Annelie Botes was die gasspreker en albei het haar humoristiese en tog ernstige toe-spraak baie geniet. Hulle het die uitmuntende geleentheid benut om meer van die VLV se bedrywighede en strukture te leer ken.

Die grondslag waarop die VLV al vir 88 jaar bestaan is die missie dat ’n vrou se talente so ontwikkel sal word dat sy diensbaar sal wees vir haar familie en die gemeenskap. Die hoofdoel is dus om vroue met kennis en vaar-dighede toe te rus. Somerset-Oos se lede het baie jare hard gewerk om hierdie missie en doelstelling uit te voer. Een van die lede is reeds 55 jaar lank ’n lid, ’n ander een 50 jaar, twee lede 40 jaar, een lid 35 jaar en ’n ander 25 jaar.

Volgens Julita Puren, voorsitter, is nuwe lede altyd welkom, want hulle bring weer ’n ander perspektief en vernuwing na die tafel. “Die jonger lede wat aansluit moet ook besef dat die groot taak om die tak vorentoe te neem, aan die einde van die dag op hul skouers gaan rus.”

You need to be Logged In to leave a comment.