Nuwe Middellande-rolbalkompetisie

’n SPLINTERNUWE kompetisie vir rolbalspelers in die Middellande is onlangs bekendgestel.


’n SPLINTERNUWE kompetisie vir rolbalspelers in die Middellande is onlangs bekendgestel.

Die inhuldigingsweergawe van die toernooi, bekend as ’n intersone-kompetisie, is op Graaff-Rei-net gespeel.

Elkeen van die twee sones binne Middellande was verteenwoordig deur vyf saamgestelde spanne vanuit die drie klubs binne elke sone en het met drie manspanne, een damespan en een gemengde span meegeding.

Die Visriviersone het bestaan uit spelers van Middelburg, Cradock en Somerset-Oos, terwyl die Sondagsriviersone op sy beurt verteen-woordig was deur spelers van Murraysburg, Jansenville en Graaff-Reinet. Visriviersone het die toernooi met 29-11 gewen en sodoende die eerste trotse houers van die intersone-skild geword.

Die toernooi het ook gedien as proewe vir die aanwys van die Middellande-manspanne vir die komende seisoen.

Volgens Tinie Prinsloo, woordvoerder van die Cradock rolbal-klub, speel twee damespanne eerskomende naweek in die jaarlikse mini-interdistrikte-kompe-tisie in Queenstown.

“Ons wens die dames alles van die beste toe en vertrou dat hulle die trofee na Middellande toe sal terugbring,” het hy gesê.

You need to be Logged In to leave a comment.