Nuwe projek van stapel gestuur by Laerskool Cradock

’n NUWE, spesiale projek, naamlik BORG-’n-BLOK lei tot groot opgewondenheid onder die leerders van die Laerskool Cradock.


’n NUWE, spesiale projek, naamlik BORG-’n-BLOK lei tot groot opgewondenheid onder die leerders van die Laerskool Cradock.

Daar bestaan ’n dringende behoefte om ’n gedeelte van die skoolterrein met sementblokke te pla-vei, sodat die leerders hul skooltasse op ’n skoon aantree-area kan plaas.

Die idee om dié gebied ook later met skadunet te bedek, word ook in die vooruitsig gestel, sodat die leerders teen die bloedige Cradock-son beskerm kan word.

Daar sal erkenning gegee word aan almal wat die projek onder- steun.

Voormalige leerders, ouers, onderwysers, sakelui of enige inwoners en vriende van die Laerskool Cradock word vriendelik uitge-nooi om ’n bydrae te maak en sodoende hul voetspore wat hul oor die jare in hierdie ou skoolgebou en op die terrein nagelaat het, te herbevestig.

Projek “BORG-’n-BLOK” behels die volgende:

. Sementblokke word teen R50 elk geborg. Mense is welkom om meer as een blok te borg.

. Die spoor moet dan verder ge-neem word deur familie en vriende, kollegas en kliënte te vertel en te motiveer om ook ’n bydrae te maak.

. ’n Muurpaneel waarop donateurs se name verskyn, sal op die terrein aangebring word.

Die huidige leerders van die skool se hand-afdrukke en voetspore sal gebruik word om hierdie spesiale muur te versier.

. Die donasie kan in kontant by die skool inbetaal word of direk in die skool se bankrekening gedeponeer word by:

Absa Lopende rekening: 1550670018.

Verwysing: Borg-’n-Blok met donateur se naam en van.

You need to be Logged In to leave a comment.