Oewerprojek vir Cradock beplan

DIE moontlikheid dat die walle van die Groot Visrivier in ’n veilige ontspanningsarea – waar die hele gemeenskap kan stap, piekniek hou of net die natuur kan geniet – omskep kan word, word beplan.


DIE moontlikheid dat die walle van die Groot Visrivier in ’n veilige ontspanningsarea – waar die hele gemeenskap kan stap, piekniek hou of net die natuur kan geniet – omskep kan word, word beplan.

Op ’n vergadering van belangstellendes wat verlede Donderdag in Cradock gehou is, was daar groot belangstelling in die projek. Daar is gesê dat Cradockers baie bevoorreg is dat so ’n pragtige rivier deur hul dorp vloei en dat dit sekerlik benut moet word.

Almal teenwoordig was dit eens dat so ’n Cradock-oewerprojek nie net vir inwoners nie, maar ook vir toeriste ’n groot aantrekkingskrag sal wees.

Die eerste fase van die projek begin Saterdag, 14 Julie en alle belangstellendes word versoek om 11:00 op die hoek van Bree- en Kruisstrate, net onderkant die Schreiner Huismuseum, bymekaar te kom vir ’n skoonmaaksessie wat van 11:00 tot 15:00 sal duur. Daar word nie van enige iemand verwag om die hele tyd te werk nie, maar elkeen wat tyd gedurende daardie ure kan afstaan, word versoek om die projek te kom onder- steun.

“Hierdie projek is vir Cradock en al sy mense en ons kan groot pret daarvan maak as ons almal saamstaan,” het een van die sprekers op verlede Donderdag-aand se vergadering gesê.

Lede van die Rivier-oewerprojek mik daarna om die hele oewer aan die dorp se kant, tussen die laagwaterbruggie en Frans Lootsbrug, skoon te maak.

Belangstellendes wat wil help moet hul eie swart- of groen vullissak saambring en daar word aanbeveel dat hulle ook dik tuin- of huishoudelike handskoene vir veiligheid en higiëne moet dra.

You need to be Logged In to leave a comment.