Ongeluk eis vyf lewens

VYF mense is Saterdag, 6 Oktober oorlede en 11 ernstig beseer ná ’n taxi-ongeluk op die R56 tussen Middelburg en Steynsburg.


VYF mense is Saterdag, 6 Oktober oorlede en 11 ernstig beseer ná ’n taxi-ongeluk op die R56 tussen Middelburg en Steynsburg.

Die bestuurder van die Toyota Quantum minibus het vermoedelik beheer verloor oor die voertuig nadat ’n band gebars en die voertuig omgeslaan het. Die beseerdes is in die Willem Stahl-hospitaal in Middelburg opgeneem.

Volgens wat vasgestel kon word, was die taxi op pad van Nyanga, Kaapstad na Indwe in die Oos-Kaap toe die ongeluk plaasgevind het.

You need to be Logged In to leave a comment.