Ontmoet die nuwe Mnr. en Mej. Gill

DIE jong dames en menere van Gill-Kollege was onlangs in hul fynste vere tydens die jaarlikse Mnr. en Mej. Gill 2018-kompetisie uitgedos.


DIE jong dames en menere van Gill-Kollege was onlangs in hul fynste vere tydens die jaarlikse Mnr. en Mej. Gill 2018-kompetisie uitgedos.

Die knap gasheer Cole Hendricks en gasvrou Langa Majola, het die gaste gou in ’n gemoedelike bui gekry en vir ’n vrolike gees gesorg, terwyl die gaskunstenaar, Caroline Grace, ’n puik vertoning gelewer het om ekstra glans aan die aand te verleen.

Ná die middag se onderhoude met die deelnemers, het die vier beoordelaars, Paul en Tanja Lötter en Jandré en Jackie Wansink, die volgende gr. 12-leerders as die wenners aangewys:

. Mej. Gill: Gabriella Assumption

. Mnr. Gill: Michael du Raan

. Mej. Persoonlikheid: Kayla Barnard

. Mnr. Persoonlikheid: Niël Joubert

. Eerste prinses: Miné de Wet

. Eerste prins: Andrew Geyer

. Tweede prins: Ryan Hayes

. Tweede prinses: Siphosethu Feni

Gill-Kollege het hul dank uitgespreek aan al die borge wat tot die sukses van die aand bygedra het.

You need to be Logged In to leave a comment.