JOHANETTE van Heerden is sedert begin Maart as vryskut verslaggewer vir Middelburg by die Mid-Karoo Express betrokke.
Sy is voltyds werksaam by die Grootfontein Landboukollege se IT-afdeling en ook betrokke by die Hoërskool Middelburg se beheerliggaam as bemarkingsbeampte.
As fotograaf (Johanette Photography) is sy en haar kameras sinoniem met mekaar en woon sy graag funksies – veral glans- en aksie-geleenthede by – en be-kom sodoende ook menigte van die inligting en foto’s wat sy aan die Mid-Karoo Express verskaf.
Vir Johanette is haar verslaggewing grotendeels daarop gemik om die inwoners van Middelburg en die omliggende dorpe bewus te maak van plaaslike gebeure, asook om hierdie Karoo-dorp positief te bemark deur middel van kleurfoto’s en nuuswaardige artikels wat die pu- bliek op hoogte hou van wat in Middelburg en die omliggende dorpe (Graaff-Reinet, Steynsburg, Colesberg, Hanover en Richmond) plaasvind.
Kontak haar gerus via e-pos by johanettevh@gmail.com of 082 572 6491.