Ontstoke inwoners by hof

ONTSTOKE inwoners het Dinsdagoggend voor die hofgebou in Hofmeyr byeengekom om hul misnoeë te wys na die grusame moord op ’n geliefde egpaar van die dorp.


ONTSTOKE inwoners het Dinsdagoggend voor die hofgebou in Hofmeyr byeengekom om hul misnoeë te wys na die grusame moord op ’n geliefde egpaar van die dorp.

Past. Victor Smith (77) en sy vrou, Elize Kloppers-Smith (65), is Vrydagaand in hul huis in Piet Retiefstraat aangerand en ver-moor enkele ure nadat Elize haar 65ste verjaardag gevier het.

Albei se koppe is vergruis.

Die egpaar se tuinier, Sidney McPherson (54) het Dinsdag voor Landdros Joe Els van Tarkastad in die hof verskyn in verband met die moorde. Die saak is tot 30 Oktober uitgestel vir verdere ondersoek.

Kapt. Lariane Jonker, ’n polisie- woordvoerder, het by navraag bevestig McPherson het voorheen ’n sewentien jaar vonnis uitge- dien vir aanranding met die opset om ernstig te beseer en gewapende roof.

Volgens Kapt. Jonker is sy paroolvoorwaardes in September opgehef. Hy was dus nie op parool tydens die voorval nie.

McPherson is met sy hofverskyning vergesel deur twee lede van die plaaslike polisie. Toe hy voor die gebou afgelaai is, het die skare woedend opgeruk en die polisie moes hom vinnig na binne begelei.

Elize se seun uit ’n vorige huwelik, Martin du Plooy (47), het Saterdagoggend op die egpaar se lyke afgekom.

Hy het na sy ma se huis gegaan omdat sy hom altyd soggens gebel het en toe sy teen nege uur nog nie gebel het nie, het hy gaan ondersoek instel.

Toe hy by die huis opdaag, het hy die egpaar dood aangetref. Hy en sy vrou Brenda het die polisie ontbied.

Vervolg op bl.3

You need to be Logged In to leave a comment.