KOUE weer het nie die geesdrif by die Hoër Volkskool se onlangse kleure-atletiekbyeenkoms gedemp nie.
Sterk kompetisie in sekere items het gesorg vir opwinding en goeie prestasies. Vyf byeenkomsrekords het in die slag gebly.
Die rekords wat verbeter is was soos volg:
Marion de Boer 1500m o.15 – 5:24,95 sek
Dané Thiart Gewigstoot o.15 – 9,85 meter
Anke vd Westhuizen 3000m o.16 – 14:50,53 sek
Tiane Lombard Gewigstoot o.16 – 10,43 meter
Sherwin van Staden 100m O.19 – 10,80 sek
Die bekerwenners was soos volg:
Volksiebeker – vinnigste 100m – Sherwin van Staden 10,80 sek
Volksiebeker – vinnigste 1500m meisies – Marion de Boer 5:24,95 sek
Wessel Fourie Beker – vinnigste 1500m seuns – Jay-dee Jooste 5:09,30 sek
Charlie Lategan Beker – beste baanprestasie meisies Marni van der Merwe 100m o.15 13.10 sek
Volksiebeker – beste baanprestasie seun – Sherwin van Staden 100m o.19, 10.80 sek
Ou Mutual Beker – beste veldprestasie meisies – Tiane Lombard Gewigstoot o.16, 10.43m
Christo Bezuidenhout Beker – beste veldprestasie seuns
Lafras van Rooyen diskus o.19, 36.28m
Junior Victrix Ludorum – Marni van der Merwe
Junior Victor Ludorum – Jan-Hendrik Gouws
Senior Victrix Ludorum – Tiane Lombard
Senior Victor Ludorum – Jay-dee Jooste