Orgideevereniging hou jaarvergadering

CRADOCK se orgideevereniging het pas hul eerste jaarvergadering gehou.


CRADOCK se orgideevereniging het pas hul eerste jaarvergadering gehou.

Die klub is nou amptelik met die nasionale liggaam geaffilieer en lede sien daarna uit om in September aan die orgidee-skou in Port Elizabeth deel te neem.

Die klub het vanjaar ook hul eerste formele bestuur aangewys. Nola van Vuuren is eenparig as voorsitter verkies met Anna Bester as sekretaresse en tesourier en Leon van Wyk as addisionele lid.

Die klub beplan om ’n klein, persoonlike biblioteek in te rig waar lede boeke oor die kweek en versorging van orgideë kan uitneem.

Die klub het ook sy eie embleem in gebruik geneem. Dit is die blom van Bonatea Speciosa, ’n skaars soort orgidee wat hoofsaaklik in die Cradock-distrik en in ’n mindere mate in die Westelike Provinsie voorkom.

Die volgende vergadering sal op 8 Augustus by die Schreiner-museum plaasvind.

You need to be Logged In to leave a comment.