Oud-Springbok aangestel as Direkteur van Rugby by Volkskool

DIE opwinding onder leerders en onderwysers van die Laer- en Hoër Volkskool in Graaff-Reinet was tasbaar met die bekendstelling van die oud-Springbok 7’s speler, Jaco van Schalkwyk, as Direkteur van Rugby van beide die skole.


DIE opwinding onder leerders en onderwysers van die Laer- en Hoër Volkskool in Graaff-Reinet was tasbaar met die bekendstelling van die oud-Springbok 7’s speler, Jaco van Schalkwyk, as Direkteur van Rugby van beide die skole.

Graaff-Reinet as dorp se ekonomie is besig om teen ’n merkwaardige spoed te groei. Die betrokkenheid oor baie dekades en nog steeds van die bekende Rupert familie, wat noue bande met Volkskool het, om die unieke argitektoniese erfenis van Graaff-Reinet te bewaar en te bevorder, lei daartoe dat Graaff-Reinet vandag een van die mees karaktervolste dorpe in Suid-Afrika is.

Verskeie dinamiese plaaslik-gesetelde besighede, soos Montego, wat landwyd asook internasionaal sake doen, het ook ’n baie positiewe invloed op die dorp se vooruitgang.

Volkskool is een van die ikoniese Afrikaanse skole in die land. Die skool word 100 jaar oud in 2022 en spog met ’n trotse akademiese en sportgeskiedenis.

As gevolg van al die nuwe geleent-hede wat daagliks in Graaff-Reinet opkom, is dit ook ’n groot geleentheid om Volkskool te vestig as een van die top Afrikaanse skole in die land.

Die Volkskool Oudskoliere Komitee het daarom ’n projek begin, “Top 100 met 100” met die einddoel dat Volk-skool gekenmerk sal word as een van die Top 100 skole in Suid-Afrika (uit ongeveer 26 000 skole).

“Die Volkskool oudskoliere het reeds baie geld in die projek belê en die komitee het strategieë in plek gesit, waarvan die eerste stap is, om ernstig in sport te belê. Die waarde van sport vir ons kinders se ontwikkeling asook om ’n skool, en selfs ’n gemeenskap bymekaar te bring, is onmeetbaar,” het Kosie van Schalkwyk, Voorsitter van die Volkskool Oudskoliere, gesê.

“Die Volkskool-familie is dus baie trots en opgewonde oor die aanstelling van Jaco van Schalkwyk.

“Jaco beskik oor al die eienskappe waarna ons gesoek het. Hy is ’n ware rugby-kenner, hy het die nodige opleiding as afrigter, hy beskik oor jare se ervaring om met kinders te werk en dan natuurlik die ervaring wat hy as professionele speler opgedoen het”

Jaco van Schalkwyk het vir die Springbok 7’s span gespeel, asook Super Rugby vir die Lions en Curriebe-ker vir die Leeus, Cheetahs en OP. Hy het ook twee jaar in Italië en Frankryk rugby gespeel.

In 2011 het hy en die Oud-Springbok speler, De Wet Barry, ’n afrigtingskliniek, Future Kings, in Port Elizabeth begin. Hy het hierdie besigheid so uitgebrei dat hulle vandag onge-veer 1500 kinders privaat afrig tussen die ouderdomme van 4 en 13 jaar.

Nadat Van Schalkwyk die voltydse pos by Volkskool aanvaar het, het hy en sy vennote besluit om Future Kings uit te brei na Graaff-Reinet. Future Kings gaan afrigters in Graaff-Reinet plaas met ’n visie om in die Karoo met rugby-ontwikkeling te begin.

Hy gaan na Volkskool se hele rugbystruktuur omsien – van Graad 1 tot Graad 12. Hy gaan ontwikkelings- kampe vir alle ouderdomsgroepe aanbied, afrigtingsopleiding doen asook omsien na Volkskool se eerste rugby-span.

Kosie van Schalkwyk het bygevoeg, “Ons is ook besig om ander sporte soos hokkie, netbal, swem, tennis, skyf- skiet en atletiek op te hef deur sport- wetenskaplikes en professionele afrigters aan te stel wat op elk van die sportsoorte fokus.

You need to be Logged In to leave a comment.