EEN van die Hoërskool Cradock se oudleerders presteer goed in haar loopbaan as forensiese analoog.
Lt. Kol. Charlene Otto, voorheen Hill, is tans hoof forensiese analoog by die SA Polisie se forensiese departement in Plattekloof, Kaapstad.
Sy was onlangs, tydens die Henri van Breda-moordsaak, in die kollig toe sy as staatsgetuie opgetree het.
Otto is onlangs in Pretoria deur Luitenant-generaal Lebeoana Tsumane, adjunkkommissaris van misdaadvoorkoming in die SAPD, vereer vir uitste-kende diens. Sy het onder meer kontant en ’n ere-baadjie ontvang.