Leoanda du Toit (voor) saam met haar ma, Hestertjie Nell.Foto:VERSKAF


OUD-CRADOCKER Leoanda du Toit het in die distrik grootgeword in ’n huis waar haar ma, Hestertjie Nell, een van die omgewing se bekendste kosmakers was.

Du Toit werk by ’n bank op Cradock en is ’n lid van ’n groot vriendekring wat graag onthaal en lekker kos maak.

Sy het onlangs ingestem om haar ma se resep vir bruinkerrie met Mid-Karoo Express se lesers te deel.

Ouma Hestertjie se bruinkerrie

Bestanddele:

2 kg blokkies bees-, vark-, hoender- of skaapvleis

3 uie, gesny

Olie om die uie te braai

4 knoffelhuisies, gekneus

1 klein stukkie gemmer, gerasper

125 g suiker

200 ml asyn

250 ml water

3 eetlepels appelkooskonfyt

50 ml kerriepoeier

2 teelepels sout

5 ml peper

1 teelepel kaneel

1 teelepel jeera- en dhanjapoeier

2 blokkies rissie-beesaftreksel

1 blik tamatiesmoor

Metode:

  • Braai die uie in die olie en voeg die knoffel en gemmer by.
  • Voeg dan die vleis by en braai dit totdat dit bruin is.
  • Meng die suiker, asyn, water, appelkooskonfyt, kerriepoeier, sout, peper, kaneel, jeera- en dhanjapoeier, rissie-beesaftreksel en die tamatiesmoor.
  • Voeg die mengsel by die vleis en kook stadig vir een uur.
  • Sny drie middelslag aartappels en twee wortels in blokkies en voeg by.
  • Kook alles saam vir ’n verdere 30 minute.
  • Bedien die kerrie met rys, pampoen, groenbone en tamatie- en uieslaai.

You need to be Logged In to leave a comment.