Ouma se resep ontskep in spoggerige affêre

PHILLENE Opperman is ’n besige plaasvrou wat saam met ’n vennoot hulle rekenaardienste-onderneming op Cradock be-dryf.


PHILLENE Opperman is ’n besige plaasvrou wat saam met ’n vennoot hulle rekenaardienste-onderneming op Cradock be-dryf.

Sy is ook die ma van ’n jong dogtertjie wat graag perdry en uitblink op al die skoue in die omgewing.

Opperman het ingestem om een van haar gunsteling resepte met Mid-Karoo Express-lesers te deel. Sy het van Ouma se basaarpoeding ’n spoggerige affêre gemaak.

Ouma se basaarpoeding

Bestanddele

Een blikkie Ideal-ingedampte melk wat oornag in die yskas gehou is

Een blikkie karamel kondensmelk

Een pakkie suurlemoen- of pynappeljellie

Metode

  • Maak die jellie met slegs een koppie water aan en laat dit toe om af te koel.
  • Klits die ingedampte melk tot dubbel sy volume en meng dit met die karamel.
  • Voeg die jellie by en laat dit stol in die yskas.
  • Om die poeding bietjie op te tooi, kan dit in nagereg glasies bedien word en met gevriesde of vars bloubessies versier word.
  • ’n Stafie “Cream Caramel” kan ook bo-oor die poeding in die glasies gerasper word om dit ’n ekstra iets te gee.

You need to be Logged In to leave a comment.