DIE Pearston Victim Support Centre het tydens Kinderbeskermingsweek ’n mini-marathon vir die jongklomp van die Kabouterland-dagsorg, Sinethemba-dagsorg en Sunshine-kindersorgsentrums gehou.
Ná die marathon is die kinders deur die plaaslike polisiekantoor geneem. Hulle het tydens ’n kinderbeskermingsprogram ’n kers opgesteek vir kinders wat slagoffers van gesinsgeweld, seksuele misdaad en kindermishandeling is, voordat daar oor geweld gepraat was.
Die kinders het ook sop en brood te ete gekry.
Die Pearston Victim Support Centre se missie is om te verseker dat alle slagoffers van misdaad en huishoudelike geweld toegang verkry tot ondersteuningsdienste wat hulle trauma sal verminder en met hulle genesing help.