Petra se heerlike suurlemoen meringue

DIE Mid-Karoo Express kuier vandeesweek by Petra Breytenbach van Cradock wat haar heerlike suurlemoen meringue-tert met le-sers deel.


DIE Mid-Karoo Express kuier vandeesweek by Petra Breytenbach van Cradock wat haar heerlike suurlemoen meringue-tert met le-sers deel.

Kors:

200 g Tennisbeskuitjies, fyngemaak

60 g margarine, gesmelt

Een teelepel suiker

2.5 ml kaneel

Meng alles en druk vas in gesmeerde tertbord van 24cm.

Plaas in yskas

Vulsel:

2 blikkies kondensmelk

4 eiers – geskei

250 ml suurlemoensap

. Meng kondensmelk, eiergele en suurlemoensap tot ’n stywerige mengsel.

. Gooi in kors en bak vir 15 min by 180° C.

. Maak intussen die meringue.

Meringue:

. Klits eierwit styf met 250 ml strooisuiker. Voeg suiker bietjie vir bietjie by.

Voeg 1 eetlepel meelblom (maizena) en 1 eetlepel witasyn by styfgeklopte eierwitte en meng.

Skep die eierwitte op die tert (of gebruik ’n versiersak) en bak vir 45 minute by 120° C.

Koel af in die oond (verkieslik oornag).

  • Hierdie is ’n redelike groot tert. Indien jy ’n kleiner tertbord gebruik kan jy die bestanddele halveer.

You need to be Logged In to leave a comment.