Jeannie Bouwer by haar ma, Petro met die groot dinosaurus-koek. FOTO:VERSKAF


PETRO Bouwer van Somerset-Oos se hande het nog nooit vir enigiets verkeerd gestaan nie.

Sy het altyd gekook, gebak en gewoel – eers as huisvrou en later by die ACVV-dienssentrum waar sy die kombuis bedryf het.

Al het sy reeds afgetree, kon die Blue Crane-bakkery op Somerset-Oos haar oortuig om haar talente en gewig by hulle te kom inspan.

Ten spyte daarvan dat sy jare gelede al te “lui geword” het vir verjaardagkoeke bak, het sy haar egter laat ompraat om weer te begin na ’n versoek vir ’n baie spesiale koek.

’n Onlangse koek wat sy gebak het, was vir ’n vyfjarige seuntjie wat gaande is oor dinosaurusse.

Alles op die koek was eetbaar, behalwe die diertjies en ’n boompie of twee. Vir hierdie groot sjokoladekoek het sy onder meer 40 eiers en 2kg sjokolade en hope versiersuiker gebruik.

You need to be Logged In to leave a comment.