Pienk Bome vir Pauline hou suksesvolle gholfdag

RIETTE Lombard en haar toegewyde helpers se harde werk het ge-sorg vir ’n prettige en uiters suksesvolle gholfdag in Somerset-Oos as fondsinsameling vir Pienk Bome vir Pauline.

In die foto is, van links Renzie Botha, Liza Troskie, Mauritz Botha en Christina Olivier gewillige helpers by gholfdagRendo Nel, Santjie Nel, Altus Nel en Pierre Lombard bes geklede span van die dag. FOTO: VERSKAF

Credit: SYSTEM

RIETTE Lombard en haar toegewyde helpers se harde werk het ge-sorg vir ’n prettige en uiters suksesvolle gholfdag in Somerset-Oos as fondsinsameling vir Pienk Bome vir Pauline.

Die omgewing was vrolik versier met die rye bome wat pienk rokke gekry het.

Plek-plek het pienk sambrele ook oopgewip en so is die gaste visueel deeglik bewus gemaak dat die doel van die dag was om mense meer bewus te maak van kanker en kankerpasiënte wat hulp en ondersteuning nodig het.

Daar was 46 pare wat deelgeneem het aan die American Scramble 2-ball. Die paar het nie net betaal om hul ghofstokke rond te swaai nie, maar is ook getrakteer op ’n middagete en heerlike skaap-spitbraai met slaai, konsertina-aartappels en varsgebakte roosterkoek.

Manie Geyer was die man wat die twee skape perfek gespitbraai het.

Alet van der Merwe van Melk en Heuning het ’n voortreflike koek gebak wat opgeveil is. Tak Knoetze was die gelukkige man wat R800 opgedok het vir dié lekkerkny.

Dupie du Preez het die prysuitdeling op ’n prettige manier behartig. Die wenners van die dag was Santjie Nel en Pierre Lombard.

Die bes geklede span was Santjie Nel, Pierre Lombard, Rendo Nel en sy seun Altus.

Lootjies is ook verkoop om ’n kruiwa vol pryse (letterlik) te wen en die gelukkige wenner was Jeremy van Niekerk.

Die dag was ’n reuse sukses en almal wat daar was, het elke ontspanne oomblik geniet.

Somerset-Oos se gemeenskap het weereens gewys dat hulle harte warm klop en dat hul beursies oop is vir ’n belangrike en goeie saak.

You need to be Logged In to leave a comment.