VANJAAR is die organisasie Pienk bome vir Pauline baie vining uit die wegspringblokke.
Op 16 Februarie het hulle hul eerste insamelingspoging vir die jaar aangebied, naamlik ’n romantiese Valentynsdans in die Gert Smit-saal by die Laerskool Gill op Somerset-Oos.
Volgens Renzie Botha was die dans goed bygewoon en is hulle geïnspireer om die jaar se verskeie werksaamhede ywerig aan te pak. Ook op hul agenda is ’n gholfdag, maar hierdie datum is nog nie vasgestel nie.
Later in die jaar sal die bome weer in pienk getooi word en behalwe vir die kenmerkende pienk materiaal, sal kouse en T-hemde ook te koop aangebied word.
Die fondse wat ingesamel word, word gebruik vir kankerlyers van Somerset-Oos en sodoende is die impak van die projek onmiddellik sigbaar.
Dit is die eerste maal dat kankerorgani-sasies so saamspan met ’n gemeenskaplike doelstelling voor oë.
Pienk bome vir Pauline se werksaamhede is wyd verspreid deur Suid-Afrika, sowel as Namibië.
Gemeenskapslede wat betrokke wil raak om ’n verskil in die lewens van mense met kanker te maak, kan ds. Adri van Nieu-wenhuizen, die besturende direkteur, vir meer inligting by 082 460 6386 bel.