Plaaslike motorfietsklubs brul vir diere

CRADOCK se motorfietsklub het ’n spesiale rit na Halesowen in die distrik onderneem om honde- en kattekos vir die plaaslike die-reskuiling in te samel.


CRADOCK se motorfietsklub het ’n spesiale rit na Halesowen in die distrik onderneem om honde- en kattekos vir die plaaslike die-reskuiling in te samel.

Die uitstappie, wat verlede Saterdag plaasgevind het, het die groep na Birds’ Nest Farm geneem waar hulle deur Zelda Goosen ont-haal is.

Benewens die trollies in Cradock Spar, waar goedgunstiges sakke en blikkies vir honde en katte kon plaas, het die motorfiets-ryers ook bydraes van Tafelronde, Theari Malan en BFG Water ontvang.

Die plaaslike motorfietsklub wil graag die Empyrian Riders van Middelburg bedank vir hulle teenwoordigheid en bydraes.

You need to be Logged In to leave a comment.