DIT is met groot opgewondenheid dat Build It Somerset-Oos sy eerste sokkertoernooi, wat by Die Turf in New Brighton op 21 April om 09:00 sal plaasvind, aangepak het.
Die besonderse toernooi sal vir die o.13-spanne gehou word. Dit sal ook die begin van ’n nuwe instelling word vir Build It Somerset-Oos wat beplan om die toernooi elke jaar aan te bied.
Die toernooi spel die betrokkenheid van Build It uit om by die plaaslike omgewing in te skakel en veral op die ontwikkeling van die jeug te konsentreer en so die nodige blootstelling te kry.
Hulle nooi graag die plaaslike gemeenskap om die dag se verrigtinge by te woon en die jeug se sportdag te ondersteun.
Daar sal musiek en ander vermaak wees om die gees ’n goeie hupstoot te gee.
Build It Somerset-Oos het gesê hulle sien daarna uit om die plaaslike inwoners by die eerste van vele toernooie te sien.
