’n POGING om kuns en kultuur op Cradock te ontwikkel asook om werkloosheid te verminder, gaan eersdaags geloods word.
Volgens Elsie Lyell is sy en Nan Tam besig om eerstens ongeveer tien entrepreneurs te soek wat gewillig sal wees om mense uit die gemeenskap in verskillende kunsvorms op te lei. Hulle beplan om mense wat nie werk het nie, op te lei in dinge soos naaldwerk, breiwerk, houtwerk, skilder, mosaïekwerk en veel meer sodat die reuse werkloosheidsyfer aange-spreek kan word.
Lyell sê hulle wil aanvanklik ’n rekenaarvaardige persoon kry wat kope en verkope aanlyn kan behartig en ’n verdere nege persone wat opleiding in enige van die vaardighede kan aanbied. Hulle mik daarna dat dié wat hul opleiding voltooi, self entrepreneurs kan word en hul eie geld kan verdien.
Die wat opleiding op gestipuleerde tye in die week kan aanbied en die wat opleiding ontvang, sal ongelukkig nie vir hul tyd be-taal kan word nie.
Vir meer inligting, bel Tam by 082 923 1467.