Poging tot roof van outomatiese teller in Cradock ondersoek

CRADOCK se hoofstraat, wat gewoonlik baie stil is gedurende die nagtelike ure, is verlede Vrydagnag geruk deur booswigte wat probeer het om kontant uit die outomatiese tellermasjien te verwyder.


CRADOCK se hoofstraat, wat gewoonlik baie stil is gedurende die nagtelike ure, is verlede Vrydagnag geruk deur booswigte wat probeer het om kontant uit die outomatiese tellermasjien te verwyder.

Volgens kapt. Larianne Jonker, polisie- woordvoerder, het die verdagtes probeer om die omhulsel van die masjien van Capitec-bank in Adderleystraat te verwyder in ’n poging om die kontant in die masjien te steel.

Jonker sê geen plofstof is in die poging gebruik nie en die oortreders kon ook met geen kontant wegkom nie. ’n Saak van opsetlike skade aan eiendom, sowel as poging tot diefstal is aanhangig gemaak.

Cradock-polisie ondersoek die saak en enige persoon met inligting kan met a.o. Rassie Erasmus by 073 180 4386 in verbinding tree.

Die gemeenskap word ook bewus gemaak van die teenwoordigheid van onwettige plofstof en word versoek om die onwettige verkoop van mynplofstof dadelik te rapporteer.

You need to be Logged In to leave a comment.