LEDE van die polisie in Cradock het onlangs ’n ernstige waarskuwing aan die gemeenskap oor die aankoop en gebruik van vuurwapens uitgereik.
Volgens kaptein Lariaan Jonker, ’n polisiewoordvoerder, word vuurwapeneienaars versoek om hul wapens verantwoordelik te gebruik en nie deel van die kriminele ketting te word nie.
Hulle het klem daarop gelê dat dit ’n oortreding is om ’n vuurwapen onwettig te gebruik, onverskillig te hanteer of te verloor, op iemand te rig en om dit uit te leen of te verhuur.
Indien nodig, skakel die polisie se noodnommer by 10111.