Pretdag vir ‘Pink Trees for Pauline’ in Graaff-Reinet gehou

NADAT Carol-Ann van Jaarsveld haar moeder en ouma (albei Pauline) aan kanker verloor het, wou sy hul nalatenskap verewig in iets tasbaars en inspirerend.


NADAT Carol-Ann van Jaarsveld haar moeder en ouma (albei Pauline) aan kanker verloor het, wou sy hul nalatenskap verewig in iets tasbaars en inspirerend.

In 2012 het sy Pink Trees for Pauline, ’n nie-winsgewende organisasie, saam met Adri van Nieuwenhuizen (wat borskanker oorleef het) en Dr Pam Kerr, ’n opvoedkundige sielkundige in Carol-Ann se tuisdorp, Graaff-Reinet, gestig.

Die NGO het ten doel om bewustheid te kweek en fondse in te samel ten bate van kankerpasiënte. Vandag is daar verskeie dorpe landwyd en ook in Namibië wat die organisasie ondersteun.

Op 20 Oktober bied Pink Trees for Pauline ’n Crazy Pink Walk en vlotoptog in Graaff-Reinet aan. Die pretloop en vlotte sal om 08:30 vanaf die Robert Sobukwe Herdenkgebou in Kerkstraat vertrek en sal in Somersetstraat voor Polka en Our Yard eindig.

Hier sal kinderaktiwiteite, ’n musiekverto-ning deur Marc Anthony en ’n lyndansdemonstrasie deur LetzDans Line Dancing van Somerset-Oos aangebied word.

Our Yard en Polka se immergewilde Food Court-kosstalletjies sal oop wees van 09:00 tot 14:00. Belangstellendes wat wil deelneem aan die Crazy Pink Walk, vlotoptog of Koekedoortjies vir kinders twee tot 13 jaar, kan ’n e-pos stuur aan admin@ouryard, of skakel 049 891 0337.

Inskrywingsvorms kan ook verkry word by www.graaffreinet.co.za/events crazy_pink_walk_and_vlotoptog-28-2018-11. Die sluitingsdatum vir inskrywings is 17 Oktober.

You need to be Logged In to leave a comment.