STROME en strome rou riool – dít is wat Mid-Karoo Express aanskou het terwyl daar saam met Robbie Venske, DA-raadslid van die Chris Hani-distriksmunisipaliteit (CHDM) deur KwaNonzame, Midros en Lusaka in Middelburg beweeg is.
Die situasie lyk dieselfde in Cradock.
Sedert CHDM in 2014 water en sanitasie by die Inxuba Yethemba-munisipaliteit oorgeneem het, word weinig aan infrastruktuur van die rioolsisteem gedoen, volgens Venske. “Dinge word net al hoe erger!” het ’n bekommerde Venske gesê.
Werkers van die vorige munisipaliteite is ná vier jaar steeds nie op die salarisstruktuur van CHDM geplaas nie. Dit lei tot teenstrydighede in salarisse van mense wat dieselfde werk doen, wat tot groot ontevredenheid onder werknemers lei.
Venskê vertel dat dringende onderhoud ook agterweë bly, bloot omdat administratiewe aangeleent-hede, soos behoorlike taakbeskrywings vir elke pos, nou nog nie aan werknemers gegee is nie.
“Dié gebrek aan bestuur lei tot grootskaalse verstopping, pype wat bars en pompe wat staan,” aldus Venske.
Uiters noodsaaklike veiligheidsklerasie is glo twee jaar laas aan werknemers voorsien en hulle be-sware hieroor word nie aangehoor nie. Sonder die nodige beskerming, word rioolwerkers daagliks blootgestel aan ’n groot aantal hoogs aansteeklike siektes. Vervolg op bl.3