Rioolprobleem in Middelburg kry aandag

WERKERS van Chris Hani-munisipaliteit het die afgelope week aan ’n rioolprobleem in Meintjiesstraat, Middelburg aandag gegee.


WERKERS van Chris Hani-munisipaliteit het die afgelope week aan ’n rioolprobleem in Meintjiesstraat, Middelburg aandag gegee.

Volgens Engela Kruger, voorsitter van Middelburg Sake- en Belastingbetalersforum, het dié probleem ontstaan nadat gaste-akkommodasie in die hoofstraat sedert Januarie as permanente studente-akkommodasie aangewend word.

“Die rioolsisteem kan nie die druk hanteer nie. Meer as een besigheid word direk hierdeur geraak en een oorweeg nou selfs om haar deure te sluit omdat kliënte nie kans sien om hier stil te hou nie.

“Die Forum het groot waardering vir Theuns Malan van tegniese dienste en gesondheidsinspekteur André Prinsloo, wat die erns van die probleem ingesien het en ons te hulp gesnel het.

“Ons kan nie toelaat dat rou riool ons hoofstraat ontsier en ’n gesondheidsgevaar vir werknemers en kliënte inhou nie.”

You need to be Logged In to leave a comment.