Roana Nel se silwersuikerbrood-resep

ROANA Nel onderrig gasvryheidstudies by Gill Kollege. Sy woon deeltyds op die plaas waar haar man, Jan boer.


ROANA Nel onderrig gasvryheidstudies by Gill Kollege. Sy woon deeltyds op die plaas waar haar man, Jan boer.

Voorts is sy ook ma van drie seuns Phillip, Eben en Johan – die jongste wat hierdie jaar graad 1 toe is.

Dit is vir haar moeilik om ’n gunsteling-resep te kies aangesien sy baie gunstelinge het. Een van die resepte wat sy egter graag deel is haar silwersuikerbrood, of “angel food cake” soos die meeste bakkers dit ken.

Bestanddele:

250 ml koekmeel

430 ml strooisuiker

9 tot 10 eierwitte

7 ml kremetart

1 ml sout

5 ml vanieljegeursel

500 ml room

15 ml strooisuiker

5 ml rooswater

Vars aarbeie

Metode:

. Sif die koekmeel en 110 ml van die strooisuiker vier maal saam.

. Klop eierwitte in ’n bak tot skuimerig. Voeg kremetart en sout by en hou aan klop tot sagte punte vorm.

. Klop nou die res van die strooisuiker bietjies-bietjies by. Omtrent 30 ml op ’n slag. Klop goed ná elke byvoeging. Voeg vanieljegeursel by.

. Sif nou ’n gedeelte van die meel- en suikermengsel oor die geklopte eierwitte.Vou dit sagkens in en herhaal die proses met die res van die mengsel.

. Gooi die mengsel in ’n ongesmeerde suikerbroodpan of chiffonkoekpan.

. Bak vir 1 uur teen 160 °C of totdat toets-pen skoon uitkom.

. Keer die pan op ’n draadrak om en laat die koek heeltemal afkoel voordat jy dit uithaal.

. Klop met ’n houtlepel op die pan om die koek te laat uitval.

. Sif versiersuiker oor koek en versier met vars aarbeie.

You need to be Logged In to leave a comment.