Rolbal skenk geld aan kankervereniging

Cradock Rolbalklub het ’n middag van sosiale rolbal gehou ten bate van die Cradock Kankervereniging en ’n bedrag van R2 312 is ingesamel.

Die groep spelers het aan die rolbal-pretdag ten bate van die Cradock Kankervereniging deelgeneem. Ter ondersteuning van die vereniging het meeste spelers pienk aangetrek.

Foto: Verskaf Credit: SYSTEM

Cradock Rolbalklub het ’n middag van sosiale rolbal gehou ten bate van die Cradock Kankervereniging en ’n bedrag van R2 312 is ingesamel.

Die 24 spelers wat deelgeneem het, het elkeen R35 insksrywingsgeld betaal en is in seksies van vier per span opgedeel.

Die eerste kragmeting van tien koppe is voltooi voordat die spelers weer in ander spanne opgedeel is om kragte teen mekaar in elf koppe te meet.

Die sosiale rolbaldag is gereël en aangebied deur die voorsitter, Tienie Prinsloo en die klubbestuur.

Cradock Kankervereniging is ’n onafhanklike liggaam wat kankerlyers op die dorp en in die distrik ondersteun. Die vereniging kry geen bydraes van die staat of die plaaslike munisipaliteit nie en moet self hul maandelikse onkostes dra. Dit sluit onder andere in die salaris van die verpleegsuster, onderhoud en brandstof vir die motor, kospakkies vir gesinne met kankerlyers wat in nood verkeer, treinkaartjies vir pasiënte wat nie self die nodige fondse het om na Gqeberha toe te moet reis vir behandeling nie.

Die vereniging is afhanklik van die publiek se goedhartigheid, donasies, en fondsinsamelings wat hulle self jaarliks reël.

You need to be Logged In to leave a comment.