Rolbalspanne hou Hofmeyr se naam hoog

TWEE rolbalspanne van Hofmeyr het onlangs aan die Martha en Maria-rolbaluitdaging in Tarkastad deelgeneem.


TWEE rolbalspanne van Hofmeyr het onlangs aan die Martha en Maria-rolbaluitdaging in Tarkastad deelgeneem.

Die span van Nasie Vermaak het goed gespeel, ten spyte van die feit dat Vermaak vir drie maande nie kon speel nie weens ’n ope-hartoperasie en komplikasies.

Die span het eindelik in die negende posisie geëindig. Die span van Willem Herselman het in 12de posisie klaargemaak.

Die deelnemers het goeie rolbal gespeel en Tarkastad-rolbalklub het soos een man saamgestaan om die naweek ’n reuse sukses te maak.

Onder leiding van Len Price en Alison Leathes, in samewerking met hulle komitee, het al die reëlings vlot verloop.

Die wenspan was die span van Tarkastad, onder leiding van Ian van Heerden.

Hofmeyr het ook twee toekennings ontvang – die “Hot Shot”-toekenning aan Melanie Fourie vir die beste skoot tydens die uitdaging; en Renel Vermaak het die spinnekop gewen en daarvoor ’n toekenning ontvang.

You need to be Logged In to leave a comment.